Kan ons die rekening kry?

Ons almal weet wat aangaan in Zimbabwe, en elkeen maak maar ‘n grappie of skud sy kop daaroor. En so is dit ook dat ek weer vandag so ‘n foto in die pos gekry het.

Middagete in Zimbabwe

Hierdie foto van 10 April 2008 kry ek by my oom, wat dit by vriende in Zim gekry het. 12 Miljoen Zim$ vir 6 mense se tweegang geregte en ‘n paar bottels bier by die plaaslike Mammas Mia’s. Tip ‘n mens nog10% in Zimbabwe?

‘n Carte Blance Video wys hoe die situasie gelyk het met inflasie van 1200% in Augustus 2006. Intussen het inflasie gestyg tot oor die 1 miljoen %, en ons kyk maar almal met morbiede fassinasie hoe die land verkrummel. Dis soos op TV – dis interessant om te sien hoe slegte dinge met ander mense gebeur.

So, kan ons die rekening kry?

4 Responses to “Kan ons die rekening kry?”

  1. mnr.muller Says:

    ek vermoed ons betaal welliswaar nou die prys vir ons onbetrokkenheid (tov die xenofobiese aanvalle, ens)

  2. My name is Botha (as in Earl) Says:

    hoeveel brode kan jy in ZIM kry vir EEN USA DOLLAR???

    en

    hoeveel brode kan jy in RSA kry vir EEN USA DOLLAR???

  3. Pienk Zuit Says:

    Ek het gedink dit gaan so sleg dat uit-eet buite die kwessie is in Zim. Ek sĂȘ nie dit gaan nie sleg daar nie, maar as restaurante nog oop is gaan dit miskien effe beter as die prentjie wat ek in my kop het (my prentjie is basies ‘n oorlogzone met baie min besighede nog oop). ‘n Prentjie wat ek maar vorm uit die nuusberigte. Of miskien wys dit eerder hoe die mense van Zim nog kan aangaan met die lewe, en hulle nie laat onderkry deur die situasie nie.

  4. Boer sonder roer Says:

    Julle weet seker wat die afkorting “ZIM” voor staan

    … Zero Inteligence Mugabe !

Leave a Reply